Laerskool Vastrap Top Tone behaal 3de plek by die SA-revuekampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die Top Tone van Laerskool Vastrap het Saterdag behoorlik die “glitz & glamour” met hul Gatsby Ritz-vertoning na die verhoog gebring. Daarmee saam het hulle die jaar se optredes op ‘n hoogtepunt afgesluit en die derde plek in die finaal van die SA-revuekampioenskappe behaal. Hulle het in al drie die kompetisies waaraan hul vanjaar deelgeneem het, geskitter met hul uitstaande choreografie, sang en energie. Dit het verseker dat hul ‘n tweede en twee derde plekke in die hoogste kategorieë tydens die kompetisies behaal het. Top Tone, julle is voorwaar tops en het ons elke keer met julle optredes inspireer en trots gemaak om Vassies te wees!










