Laerskool Tzaneen fietsryers trap uitstekend in Tour De Lake
ADVERTISEMENT
Laerskool Tzaneen fietsryers trap uitstekend in Tour De Lake. Larrie fietsryers het weereens in groot getalle opgedaag by die Tour de Lake skole fietswedren by Stanford Lake College op Saterdag, 27 Augustus. Die uitslae was as volg:
- Nipper afdeling (seuns en dogters) – Logan Kirton (24ste), Luan Lubbe (7de), Amri Vosloo (9de), Klaryn Jansen van Rensburg (5de).
- Sprog afdeling (seuns en dogters) – Aulro de Beer (het wedren begin maar moes ontrek as gevolg van probleme met sy fiets gedurende die resies), Rikus Rossouw (30ste), Ilana Lubbe (3de).
- Sub-Junior afdeling (seuns en dogters) – Janelle van Staden (8ste), Tyana Zaayman (2de), Carmé Louw (7de) en Roelien Jansen van Rensburg (6de), Wynand Rossouw (18de), Molepo Nhlane (13de), Eddie Mostert (8ste) en Wian van der Merwe (16de).
Wynand Roussouw
Janelle van Staden
Foto krediet: Limpopo Schools Cycling Facebook groep.










