Laerskool Stulting se jaarlikse Interskole swemgala-uitslae
ADVERTISEMENT
Dit was weer tyd vir Laerskool Stulting se jaarlikse Interskole swemgala. Victory Christian School en St Francis College het die dag saam met Stulting kom geniet. Die skole was gedugte teenstanders en hul spangees was aansteeklik! Baie geluk aan Johan Swart, ‘n Gr. 4-leerder van Stulting, wat die beker vir die swemmer van die dag ontvang het, asook in besonder aan diegene wat ‘n medalje los geswem het!















