Laerskool Stulting dogters woon netbalkliniek by
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting se netbaldogters het onlangs ‘n 3-dag netbalkliniek by Hoërskool Nico Malan bygewoon. Die o.10 – o.13 netbalspelers het nog ‘n netbalkliniek gehad op Saterdag 5 Maart. Na afloop van die netbalkliniek het die dogters dit geniet om hul nuwe vaardighede in ‘n vriendskaplike interhuis toernooi teen mekaar toe te pas.





















