Laerskool Rustenburg skuts presteer tydens Interskole
ADVERTISEMENT
Larries Boogskiet het die afgelope Saterdag, 12 Maart ‘22 aan die Wesvalia interskole boogskietkompetisie deelgeneem by Hoërskool Wesvalia. Ons Larries boogskietspan het weer pragtig presteer en ons baie trots gemaak.
Span uitslae
Die eerste boogskietspan het met die eerste plek weggestap in die primêre afdeling met ‘n telling van 2947 uit 3600 en is aangewys as Wesvalia interskole primêre kampioene vir 2022. Ons Larries boogskietspan het weer pragtig presteer en ons baie trots gemaak.
![]()
Individuele uitslae
Al ons individuele skuts het net so uitstekend geskiet met ‘n paar Top 10 plekke.
Top 3 Primêre dogters-/seunskuts
Daar is 3 Dogters in die top 10 primêre dogters afdeling
• Melandie Swart (273 uit 300) – 1ste plek primêre dogter.
Daar is 2 Seuns in die top 10 primêre seuns afdeling
• Jan-Hendrik Rudolph (270 uit 300) – 2de plek primêre seun.
Ons is baie trots op julle!












