Laerskool Park netbalspelers skitter aan die Eden-interdistrikte toernooi
ADVERTISEMENT
Die Eden-interdistrikte toernooi het vanaf die 15de tot die 19de Julie te Riversdal plaasgevind. Ons twee speelsters het voorwaar Laerskool Park se naam hooggehou.
- Charlin Kannemeyer is verkies as die o. 11-kaptein.
- Mila Smit is die o. 13-Eden span se onderkaptein.
Twee van Park se personeellede was ook by hierdie toernooi betrokke. Juffrou Melissa is verkies as die o. 11-Edenspan se afrigter. Juffrou Juanique tree as skeidsregter op vir die o. 12-Eden span.
Baie geluk aan juf. Juanique en die res van die o. 12 Eden-span se afrigters, bestuurders en speelsters. Hulle het ‘n 2de plek behaal en hulle silwer medalje verower. Mandela dag is ook gevier en nie-bederfbare produkte is ingesamel vir die minder bevoorregtes.

















