Laerskool Oranje-Noord tweekampatlete presteer uitstekend by die SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Oranje-Noord se tweekampafdeling is trots en dankbaar teenoor al die tweekampers wat gedurende Maart aan die Suid-Afrikaanse Tweekampkampioenskappe in Oudtshoorn deelgeneem het. Hul het deelgeneem aan die interlaerskole-kompetisie en is aangewys as die vierde beste laerskoolspan in die land! Die tweekampers het puik presteer en uitstekende plekke behaal.
Die meerderheid het boonop persoonlike beste tye in hul hardloop- en swemitems opgestel.
















