Laerskool Nahoon rugby en netbalspanne toon goeie sportmangees
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Nahoon o.7- en o.8-rugby- en netbalspanne het aan die Kingfisher sporttoernooi by Beaconhurst Skool deelgeneem. Dit was ‘n suksesvolle dag en vir baie van die seuns en dogters, die eerste keer dat hulle ‘n wedstryd speel. Daar het groot opwinding geheers en goeie sportmansgees is openbaar.
- Netbal 0.7 verloor 1 – 0 teen Gonubie; wen 2 – 1 teen Cambridge en wen 3 – 2 teen Grens.
- Netbal o.8 speel gelykop 1 elk teen Voorpos; verloor 4 – 0 teen Crewe en verloor 2 – 1 teen Grens.
- Die rugby o.7-span het kookwater rugby gespeel en al vyf hulle wedstryde gewen. Hulle wen Breidbach 40 – 0; Stutterheim 30 – 0; Gonubie 25 – 0; Lilyfontein 20 – 5 en Grens 15 – 5. Ons gaan hierdie span met groot belangstelling dophou.
- Rugby o.8 verloor teen Stirling 0 – 15; wen teen George Randell 25 – 0; wen teen Lilyfontein 20 – 0 en speel gelykop teen Grens 10 elk.
Marko Pretorius het 7 drieë vir die o.7span gedruk
Netbal o.7
Netbal o.8
Rugby o.7 besig om op te warm
Rugby o.8










