Hoërskool Jim Fouché Classic clash vol hoogtepunte hierdie jaar
ADVERTISEMENT
Die Classic Clash teen Hoërskool Sentraal het vanjaar op JF-gronde plaasgevind. ‘n Week vol aktiwiteite het gesorg vir groot gees en afwagting wat opgebou het tot Saterdag,13 Mei, waar hierdie twee besonderse skole mekaar behoorlik aangepak het. Hoërskool Jim Fouché se eerste hokkiespan seuns wen 3-1 en die eerstespan dogters wen 3-0. Die hoogtepunt van die dag was natuurlik die titaniese rugbystryd tussen JF-Greenmachine en die Sentraal-Blokke. Jim Fouché tree as wenners uit die stryd met ‘n eindtelling van 38-17.
Eerstespan rugbyseuns: v.l.n.r: Tristan van der Walt, Christian Strydom, Stean Marais, Hanko Botha, Bernard Labuschagne, Stefan Venter (kaptein), SW van der Merwe, Stefan van Rooyen, Dylan Callitz, Calvin Bolt, Heinrich Hattingh, Wiandro Wiese en Altus du Plessis










