Laerskool Kathu gryp geesvangweek aan
ADVERTISEMENT
Laerskool Kathu en Laerskool Seodin (Kuruman) ding hierdie week in verskeie sportsoorte teen mekaar mee vir interskole. Van debat, skaak en landloop tot by rugby en netbal. Om die spangees te bou, het Laerskool Kathu elke dag van die week iets anders gedoen. Maandag is die geesweek begin met dasse in die skool se kleure: rooi, donkerblou, wit en geel. Dinsdag kon onderwysers en leerders enige interessante sokkies in dieselfde kleure dra. Woensdag was dit tyd vir hoede op die kop. Laerskool Kathu se skoolhoof, Mnr. Carl du Plessis, het ook ’n hoedjie op sy kop gehad tot groot vermaak van leerders en ouers. Donderdag kon almal interessante skoene aantrek. Party leerders was waaghalsig met onpaar skoene en mnr. Du Plessis het bloedrooi skoene saam met sy netjiese klere gedra. Vrydag word die geesweek afgesluit wanneer die spanne wat aan interskole deelneem, hulle spandrag gaan dra terwyl die res van die skool hulle sportdrag dra. Laerskool Kathu – beter as die meeste. Ons het die gees: ’n ja man, ja!






























