Laerskool Goedehoop leeders presteer by die Gert Sibande Streeks Expo
ADVERTISEMENT
Laerskool Goedehoop is baie trots op ons leerders met hul goue medaljes vir die Gert Sibande Streeks Expo. Baie geluk aan ons leerders met hul goue medaljes wat op Saterdag, 26 Julie 2025 tydens die Gert Sibande Streeks-Expo verwerf is. Ons is baie trots op elkeen van julle. Dankie vir elkeen se harde werk. Navorsing word gedoen, aantekeninge is in joernale bygehou, grafieke geteken, ongeveer 300 bladsye se navorsing wat verwerk moet word na 10 bladsye toe. ‘n Plakkaat is gemaak en ‘n model is gebou. Daar was 41 skole wat deelgeneem het – dit sluit laerskole en hoërskole in. Dit is voorwaar ‘n puik prestasie!
Die projekte van die leerders:
- Milan Zwarts – Early Detection of Epileptic
- Michael van Niekerk – Our Waste, Our Future: Are We Doing Enough?
- Theo Kruger – Our Waste, Our Future: Are We Doing Enough?
- Leané Luddick – Hydrogen Energy
- Minette Bezuidenhout – Hydrogen Energy
- Philip Cloete – Outdoor Smart Home: Electrical, Electronics and Embedded Systems

Voor: Milan Zwarts, Philip Cloete, Theo Kruger
Agter: Leané Luddcik, Minette Bezuidenhout, Michael van Niekerk









