Laerskool Courtrai onder 13 dogters is gekroon as die Rising Stars tenniskampioene
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die o.13 dogters wat gekroon is as Wes-Kaap Rising Stars tenniskampioene. Hulle het uitstekend gevaar deur al 12 wedstryde waarin hulle gespeel het, te wen.
Hulle het teen die volgende streekwenners gespeel:
- George Suid
- Curro Durbanville
- Hermanus
- Dirkie Uys, Moorreesburg
Hulle gaan die Wes-Kaap verteenwoordig by die Nasionale Kampioenskappe wat einde Oktober in Gauteng plaasvind.










