Laerskool Bellville-Noord se groentjies besoek die alpakkas
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub het die derde kwartaal afgeskop deur by ‘n klomp baie oulike alpakkas te gaan inloer.
Op Saterdag en Sondag, 25 en 26 Julie, het twee groepies by Alpakka Loom Plaas buite die Paarl gaan inloer. Die besoek aan die alpakkas was baie interessant en die klomp het die uitstappie in die platteland terdeë geniet.
Hier is juffrou Zelda Hugo (regs agter) saam met ‘n klomp van die kinders wat die uitstappie Sondag meegemaak het. Hul wag vir die heerlike eetgoed wat hul by die restaurantjie bestel het. Die klomp het die groot skaakstel ook baie geniet.
Juffrou Jancke le Roux (middel agter) is hier saam met ‘n paar van die opgewonde Groentjies tydens Saterdag se uitstappie.
Mnr. Ruan de Wet (regs) vertel die Groentjies tydens Sondag se uitstappie allerlei interessante inligting oor alpakkas.
Hier is die Sondag-groep Groentjies saam met die gids, mnr. Ruan de Wet (tweede van regs). Hy het hul aandag vir bykans ‘n uur vasgevang gehad met allerlei interessante brokkies inligting oor alpakkas tydens hul “staptoer” op die plaas.










