Laerskool Bakenkop redenaars wys hul staal by die Interskole reeks
ADVERTISEMENT
Laerskool Bakenkop vat die Interskole reeks soos kampioene! Die Interskole Reeks is ’n splinternuwe uitdaging vir die skool – saam met 9 ander baie kompeterende skole waar die vlak van deelname ongelooflik sterk is. Laerskool Bakenkop het reeds die Atletiekreeks suksesvol afgehandel, waar die atlete hul beste gegee en persoonlike beste prestasies (PB’s) behaal het. Intussen is die skool volstoom aan die gang met rugby en netbal, en ons het ook onlangs hul staal gewys by die Afrikaanse redenaars.
Baie gelaak aan die sprekers wat onder die Top 5 geëindig het::
Gr. 3:
- Gesamentlike 3de plek – Leila Vogel & Michaela van Niekerk
- 4de plek – Conrad Swiegers
Gr. 5:
- 4de plek – Reghardt Bezuidenhout
Gr. 7:
- 5de plek – Wiandi Rheeders










