Kalahari-Vasbyt deelnemer van Hoërskool Swartland ontvang sertifikaat
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland leerder Niel Albertyn was van 29 Desember – 16 Januarie deel van die Kalahari-Vasbyt-groep. Hulle het eers Johannesburg toe gevlieg en daarna Zimbabwe toe, waar hulle prettige aktiwiteite soos “bungee jumping” en “river rafting” gedoen het. Daarna het hulle na Botswana gery. Niel sê dit was baie lekker en hy sal enige leerder aanbeveel om deel daarvan te wees.
Op die foto verskyn meneer Schoonraad, Niel en meneer Andries Erwee.










