HTS Drostdy se rugbyspelers word verkies tot die Boland-spanne
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan al HTS Drostdy se rugbyspelers wat in Boland-spanne opgeneem is. Daar is twaalf leerders in die o. 16 Grant Khomo-span, vyf in die o. 18 Cravenweekspan en drie in die o. 18 Akademieweek-span opgeneem. Ons sien uit om julle almal gedurende die vakansie by die onderskeie toernooie in aksie te sien.












