HS Volksrust atlete presteer by die Top 10 Byeenkoms
ADVERTISEMENT
Op Woensdag 2 Februarie het Volkies se top 15 atlete deelgeneem aan die Afgri top 10 byeenkoms by Hoërskool Hoogenhout. Meer as 30 skole word elke jaar genooi na hierdie prestige byeenkoms. Volkies se atlete het uitstekend presteer, veral teen atlete van baie makro skole.
- Zanel Nel is 3de in beide haar hekkie items
- Siyabonga Mavusa wen die 400 m seuns 16 jaar
- Siyanda Masina wen die 110 m hekkies en is 2de in die 400 m hekkies seuns 17 jaar
- Kethu Twala wen die 400 m hekkies nadat hy by die 2de laaste hekkie geval het, asook die 110 m hekkies 16 jaar
- Marnica Lambrecht is 2de is die 100 m hekkies dogters 19 jaar
- Charlene Hobson wen verspring dogters 17 jaar
- Matthew MacDonald is 2de in gewigstoot seuns 16 jaar
- CJ du Plessis wen die gewigstoot seuns 17 jaar.
Baie geluk aan al die atlete. Hierdie is puik prestasies en Volkies is veral trots op me. Nicolette Strydom se hekkies atlete wat so uiters puik presteer het.













