Hoërskool Zwartkop swemmers maak golwe by Nasionale en Streekskampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop swemmers maak golwe by Nasionale en Streekskampioenskappe! Die swemmers van Hoërskool Zwartkop het gedurende Maart aan drie groot kampioenskappe deelgeneem en uitstekende prestasies gelewer.
SA National Youth Championships (Port Elizabeth, 18 tot 20 Maart)
Die volgende swemmers het top 10-plekke en/of medaljes behaal:
- Marlene Ward (17) behaal ’n bronsmedalje in die 400m vryslag.
- Marius van Rooyen (17) verower ’n bronsmedalje in die 200m rugslag en eindig 6de in die 100m rugslag finaal.
- DJ Bester (17) eindig 4de in die 100m borsslag, 6de in die 200m wisselslag en 8ste in die 200m borsslag.
- Jana Vorster (17) eindig 4de in die 50m vlinderslag en 6de in die 50m vryslag finaal.
Die volgende swemmers het ook deelgeneem en waardevolle ervaring opgedoen:
- Johane Janse van Rensburg.
SA National Junior Age Group Championships (Port Elizabeth, 21 tot 26 Maart)
Die volgende swemmers het uitstaande prestasies gelewer:
- Eben Tinkler (14) was besonders indrukwekkend met goud in die 4x100m wisselslag-aflos, silwer in die 4x100m vryslag-aflos en brons in die 200m rugslag
- Verder eindig Eben 4de in die 1500m vryslag, 6de in die 800m vryslag, 6de in die 100m rugslag 7de in die 400m vryslag en 7de in die 200m vryslag.
- Rudolph Pansegrouw (13) eindig 7de in die 1500m vryslag.
Die volgende swemmers het ook deelgeneem:
- Ruan Kooi
- Clarise Stadler
SA Level 3 Regional Age Group Championships (Pretoria, 26 tot 29 Maart)
Die volgende topprestasies is behaal:
- Robert Brink (16) wen goud in die 200m rugslag en eindig 8ste in die 100m vryslag.
- Anelle Ward (14) eindig 4de in die 400m vryslag en behaal verskeie top 10-plekke in borsslagitems.
- Adriaan Lombard (16) eindig 4e in die 200m rugslag, 8ste in die 100m rugslag en 10de in die 50m rugslag.
Baie geluk aan al die swemmers met hul harde werk en toewyding.






















