Hoërskool Witteberg presteer met Vrystaat Fisiese Wetenskap Olimpiade
ADVERTISEMENT
WITTEBERGERS PRESTEER MET VRYSTAAT FISIESE WETENSKAP OLIMPIADE. Hoërskool Witteberg is trots op sy jong wetenskaplikes wat onlangs aan die Vrystaat Fisiese Wetenskap Olimpiade deelgeneem het. Verskeie van ons leerders het daarin geslaag om hul plek onder die top 100 in die Vrystaat te verseker.Die leerders het die Fisiese Wetenskap Konvensie in Potchefstroom bygewoon (18–19 Augustus), waar die glansryke finale prysuitdeling plaasgevind het.
Graad 10: Drie van leerders; Tshepo Mapeshoane, Bohlokwa Phali en Trystan van Eyk, het hulle plek tussen die Top 50 losgeslaan – met Trystan wat selfs die 2de plek in die hele Vrystaat verower het.
Graad 11: Cobus Labuschagne en Tria-Mari Strydom het tussen die Top 30 geëindig, met Tria-Mari wat die 6de plek in die Vrystaat verower het.
Graad 12: Keryn Woodage het die kroon gespan deur ’n indrukwekkende 2de plek in die Vrystaat te behaal.
Hierdie uitsonderlike prestasies bevestig weereens dat Witteberg-Akademie ’n krag is om mee rekening te hou.










