Hoërskool Wesvalia rugby behaal uitstekende resultate tydens die Skild-afdeling van 2024
ADVERTISEMENT
Hoërskool Wesvalia behaal uitstekende resultate tydens die Skild-afdeling van 2024. Drie spanne het deelgeneem in die onderskeie finale. Die spanne se prestasies het ook bepaal dat die skool in 2025 na die Plaat-afdeling opskuif. Dit is dan ook die tweede agtereenvolgende jaar wat Wesvalia opskuif, nadat ons in 2023 uit die Bowl na die Skild-afdeling gepromofeer het.
Ons o.14A rugbyspan het die dag afgeskop en baie goed begin om die finaal te wen teen Ben Vorster. Baie geluk aan elke seun en die afrigters en dankie vir die harde werk wat julle die jaar ingesit het en opreg beloon was. Ons o.15rugbyspan buig ongelukkig die knie in die finaal teen Hoërskool Ben Vorster Die eindtelling was 22-36. Ons is egter baie trots op hierdie manne vir hulle goeie veggees en deursettingsvermoë. Julle het ons skool se naam hoog gedra en ons WESSIE puik verteenwoordig deur die seisoen Ons 1ste span se wedstryd was was teen Hoërskool Lichtenburg. Die wedstryd eindig 23-21 in Wesvalia se guns. Daarmee is die blou liggies van Lichtenburg afgeskakel.










