Hoërskool Volksrust leerder behaal ‘n besonderse mylpaal
ADVERTISEMENT
Francois de Jager, ‘n Graad 12-leerder van Hoërskool Volksrust 2024, het ‘n trofee ontvang tydens die Gert Sibande Distriksprysuitdeling vir sy uitmuntende prestasie in Rekenaartoepassingstegnologie (CAT). Sy toewyding en harde werk het hom hierdie welverdiende erkenning besorg. Hoërskool Volksrust wil ook vir sy onderwyser, me. Marietjie Steyn, bedank vir haar leiding en ondersteuning. Dit is ‘n besonderse mylpaal, aangesien dit die 10de keer sedert 2010 is dat ‘n leerder uit haar klas hierdie toekenning ontvang. Ons is trots op Francois en wens hom sterkte toe vir die toekoms!
![]()










