Hoërskool Outeniqua leerders skitter op Nasionale vlak
ADVERTISEMENT
𝗞𝘄𝗮𝗴𝗴𝗮 𝗞𝗮𝗺𝗽𝗶𝗼𝗲𝗻𝗲 𝘀𝗸𝗶𝘁𝘁𝗲𝗿 𝗼𝗽 𝗻𝗮𝘀𝗶𝗼𝗻𝗮𝗹𝗲 𝘃𝗹𝗮𝗸! Vier talentvolle leerders van Hoërskool Outeniqua het gedurende die vakansie aan drie Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem:
- Biathle & Triathle SA Kampioenskappe – Nelspruit
- Laser Run SA Kampioenskappe – Bloemfontein
Prestasies:
Lila Koen (o. 15)
- Het gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe in Biathle.
Mia Botha (Juniors)
- 3 x Goue medaljes in Biathle, Triathle én Laser Run
- Kwalifiseer vir Junior Protea-kleure in al drie dissiplines.
Marko Erasmus (Juniors)
- 2 x Silwer medaljes
- Biathle – 5de plek (Junior Protea)
- Triathle – 2de plek (Junior Protea)
- Laser Run – 5de plek (SAMPA)
- Kwalifiseer vir Junior Protea-kleure in Biathle en Triathle.
Ruan Rossouw (Juniors) (Afwesig op die foto)
- 6de plek
- Kwalifiseer vir Junior Protea-kleure
Hierdie uitblinkers sal Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe wat van 8–13 Desember in Mosselbaai by Santos Strand plaasvind, verteenwoordig. By hierdie byeenkoms sal hulle Protea-kleure amptelik aan hulle oorhandig word. Ons is ongelooflik trots op julle, julle is ware ambassadeurs van Outeniqua en van Suid-Afrika!













