Hoërskool Noorder-Paarl Dansleerders vaar uitstekend by Paarlvallei Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Sestien dansleerders van Hoërskool Noorder-Paarl het op Saterdag 27 Mei aan die Paarlvallei Eisteddfod (PVE) in die Stadsaal deelgeneem. Dit was die heel eerste keer dat hulle leerders aan die PVE-Dans deelneem. Vir sommige leerders was dit hul heel eerste eisteddfod-deelname in dans en/of hul heel eerste verhoogoptrede as dansers. Die uitslae van die vyf danse is as volg:
Graad 9 Groep – Goud Plus en trofeëwenner, Graad 11 Groep – Goud, Graad 8 Groep – Goud, Khazimla Wellem Gr. 8 – Goud en Ziroh Vicks Gr. 9 – Silwer Plus. Hoërskool Noorder-Paarl wil graag hul dank uitspreek teenoor die PVE-bestuur, asook die sameroepers Enid Botha en Bianca Baxter vir die reël van ‘n onvergeetlike geleentheid vir ons leerders.

Agter v.l.n.r: Peyton van Sitters; Nickay Nel; Signé Hartogh; Mushfiqa Nackerdien; Hervina Mboko. Middel v.l.n.r: Khazimla Wellem; Chanté Cyster; Cameron Evertson; Shenazley Sampson; Euniq Ruiters. Voor v.l.n.r: Sunique Adams; Jenne-Lee Pedro; Raché Adams; Leethan Andrews en Schenique van Zyl.
Deur -Rensia Theron









