Hoërskool Montana leerders kwalifiseer vir SA Nasionale Junior Oopwater swem Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Montana swemmers Raine Botes en Jade O’Connor wat vir die Nasionale Akwatiese Oopwaterkampioenskappe se Nasionale Toernooispan gekies is! Die kompetisie, aangebied deur NMBA, vind plaas by Marina Martinique, Jeffreysbaai vanaf 8 tot 10 Maart 2024. Hierdie is ‘n fantastiese prestasie en ons ondersteun julle ten volle! Mag julle harde werk en toewyding vrugte afwerp in die kampioenskappe. Hou aan swem en inspireer ander met jul passie vir die sport!
Raine Botes
Jade O’Connor










