Hoërskool Montana leerder kwalifiseer vir die Legend of Art Nasionale rondte
ADVERTISEMENT
Dané Steyn van Hoërskool Montana, het aan die eerste rondte van Legends of Art deelgeneem en deur haar sterk prestasie gekwalifiseer vir die nasionale rondte wat einde Junie plaasvind.
Sy het die volgende uitslae behaal:
- Solo Country – 94% (A++)
- Solo Rock – 94% (A++)
- Solo Musical – 96% (A+++)
- Solo Pop – 96% (A+++)
Haar resultate wys duidelik haar harde werk, konsekwentheid en liefde vir musiek oor verskillende genres. Baie geluk, Dané. Die Monties is trots op jou en wens jou alle sterkte toe vir die volgende rondte.










