Hoërskool Kalahari spog met 6 atlete wat Noord-Kaap by die Nasionale Kampioenskappe verteenwoordig
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kalahari kondig met groot trots aan dat 6 van ons leerders die Noord-Kaap sal verteenwoordig by die Skole Atletiek Nasionale Kampioenskappe wat van 8 –11 April 2026 in Rustenburg plaasvind. Hierdie prestasie is ’n bewys van harde werk, toewyding en uitstekende talent. Ons is ongelooflik trots op elke atleet wat hierdie groot geleentheid bereik het.
Ons atlete wat gekies is:
- Kopano Mosienyane – 100m & 200m
- Dunay Bylsma – 100m & 200m
- Jacquan Booysen – 100m Hekkies & 300m Hekkies
- Boesman Venter – Gewigstoot
- Lee-Ann van der Poel – Hammergooi
- Wilmien Delaport – Diskus
Hierdie leerders sal Noord-Kaap Atletiek met trots op die nasionale verhoog verteenwoordig, en die hele Kalahari-gemeenskap staan agter julle. Baie sterkte aan ons atlete en afrigters vir die kampioenskappe! Maak ons trots!
















