Hoërskool Kalahari rugbyspeler gekies vir die Suzuki o.18 Griquas Akademie Droomspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Kalahari se Jan Fleming met sy keurings tot die Suzuki o.18 Griquas Akademie Droomspan .Dag 1 ná ‘n uitsonderlike vertoning tydens die SA Rugby FNB Jeugweke.Jan het ‘n sleutelrol gespeel in Griquas se oorheersende 64–12 oorwinning oor Border CD, waar hy een van die span se 10 drieë gedruk het. Sy toewyding, harde werk en uitstekende spel is beloon met ‘n plek onder die top spelers van die dag.
Om tot die opdrafspan verkies te word vir dag 1, is ‘n besondere prestasie en ‘n bewys van Jan se talent, deursettingsvermoë en passie vir die spel. Baie geluk, Jan! Jou Kalahari-familie is ongelooflik trots op jou. Mag hierdie prestasie net die begin wees van nog groter hoogtes. Hou aan om die Kalahari- en Griquas-kleure met trots te dra!










