Hoërskool Ermelo netbaldogters verteenwoordig Mpumalanga met trots
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die Hoërskool Ermelo netbaldogters wat Mpumalanga met trots tydens die Nasionale Toernooie verteenwoordig het!
Hoogtepunte:
- Abigail Homan is vir die Top 35 o.16-spelers in Suid-Afrika gekies.
- Juf. Lee-Ann Botha, spanbestuurder van die Mpumalanga o.12-span, het gehelp om haar span na ‘n 1ste plek in Suid-Afrika te lei.
- By die Bokkies Netbal is Miescke Mostert vir die Duikerspan gekies, terwyl Michelle van der Merwe en Leané du Plessis vir die Uitnodigingspan gekies is.
Ons is ongelooflik trots op al ons spelers wat die Erries en Mpumalanga met onderskeiding verteenwoordig het.














