Hoërskool Ermelo onderwysers behaal grade
ADVERTISEMENT
In 2022 het twee onderwysers van Hoërskool Ermelo verdere studies voltooi. Me Elzebé van Eeden het haar BEd Honneurs in Education management, Law and Policy graad aan die Universiteit van Pretoria(Tuks) se Opvoedkunde fakulteit voltooi. Me Tirsa du Toit het haar NGOS (nagraadse onderwys sertifikaat) voltooi deur Aros. Dit was ’n afstand-studie wat me du Toit deeltyds voltooi het. Baie geluk aan me Van Eeden en me Du Toit met die voltooiing van hul onderskeie grade. EHS is met reg op trots op hulle.
![]()










