Hoërskool Ermelo Gr 8’s skitter tydens groentjieskonsert
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo skitter tydens groentjieskonsert. Die jaarlikse groentjieskonsert van EHS het plaasgevind op Woensdag 22 Maart. Hierdie opwindende uitdaging bied vir elke leerder ’n geleentheid om te ontwikkel en om onder druk te kan werk. Die graad 11-dirigente van elke huis is verantwoordelik vir die uitwerk en afrigting van ’n huisdans, asook vir kostuums en inkomste voor die optog. Hierdie jaar se temas was “Van passasier tot vlieënier, Errie-tude, eerlikheid, ’n advertensie van ’n lugredery, nuusberig, voorgeskrewe Flintstones-karakters en ’n graad 8-groepdans op “Danger Zone”. Elke huis het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en die kwaliteit konserte en danse wat opgevoer is, is uitstaande.
Die uitslae is as volg:
- Beste dirigente inkoms: Huis Veltman
- Beste hulpdirigente: Nelstehuis
- Beste huisdans: Nelstehuis & Veltman
- Beste tema uitgebeeld: Nelstehuis
- Beste advertensie: Nelstehuis
- Beste kostuums: Dorp
- Beste dekor: Huis Veltman
- Beste groepdans in konsert: Nelstehuis
- Beste humor: Nelstehuis
- Beste gebruik van verrassing van die aand: Dorp
- Beste storieverteller: Miané Swanepoel (Nelstehuis)
- Beste akteur: Willem Jacobsz as “Pienk” (Dorp)
- Beste aktrise: Michaela Stock as “Barney” (Nelstehuis)
- Meriete-toekenning: Aletha Kloppers (Dorp)
- Beste konsert: Nelstehuis
- Algehele wenner: Nelstehuis
Aan die einde van die kompetisie het die eenheid van Hoërskool Ermelo egter geseëvier, ten spyte van die gesonde kompetisie tussen die huise. Baie geluk aan elkeen wat ’n prys gewen het. Mag die EHS-groentjieskonsert altyd bly voortleef as een van die Erries se ryke tradisies.
Die groep dirigente
Huis Veltman se dirigente (Formule 1)
Dorpshuis se dirigente (Rio Festival)
Nelstehuis se dirigente (Vikings)
Miané Swanepoel van Nelstehuis
(vlnr): Mandi van der Wath, Michaela Stock en Elské van Zyl van Nelstehuis
Lethokuhle Mashinini en Willem Jacobsz van Dorpshuis
Amahle Madi en Aletha Kloppers van Dorpshuis
(vlnr): Dante Kocaj, Jannie Jacobsz en Janus Coetzee van Huis Veltman
Links Carel Hancke en regs Oden Duvenhage van Huis Veltman
Mia Steenkamp (voorsitter van Nelstehuis) met die trofee vir algehele wenner saam met Isabella Burgers (Kultuurvoorsitter)










