Hoërskool Duineveld toneelspelers maak hul merk op die verhoog
ADVERTISEMENT
Drie van Hoërskool Duineveld se leerders het reeds vroeg in die jaar hul merk op die verhoog gemaak. Inette Brown, Darius Moller en Emily van As het met ure se voorbereiding en toewyding hul talente ontwikkel en hulself deeglik voorberei vir die uitdunrondte van die Proscenium Drama Kompetisie, wat op 14 Maart in Kakamas plaasgevind het. Die beoordelaars het regoor Suid-Afrika, asook dele van Namibië, gereis om ongeveer 500 leerders wat ingeskryf het te evalueer. Elke deelnemer het ’n sertifikaat van deelname ontvang. Die skool is uiters trots op hierdie talentvolle toneelspelers wat hulself met soveel passie en toewyding verteenwoordig het.
Die uitslae is gedurende die vakansie bekend gemaak, en dit is met groot trots dat Hoërskool Duineveld kan aankondig dat een van ons leerders deurgedring het na die volgende rondte. Darius Moller is gekies as een van die top 60 leerders in die land en sal aan die finaal van die Proscenium Drama Kompetisie deelneem. Die finaal vind plaas in Kaapstad by die Artscape Teater van 6 tot 9 Mei.
Ons wens hom alle sterkte toe met die voorbereiding en harde werk wat voorlê.










