Hoërskool Ermelo dogtershokkie en rugby sê stryd aan teen Curro Nelspruit
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo dogtershokkie en rugby sê stryd aan teen Curro Nelspruit. Op Vrydag, 5 April, het die dogtershokkie van EHS te staan gekom teen Curro Nelspruit in liga wedstryde. Die uitslae is as volg: o.14A-span wen 8-0, die o.15A’s wen 4-1, die o.16A’s wen 12-0 en die Hoërskool Ermelo Zuidvaal Eerste span wen 2-0. Die rugby A-spanne het Saterdag teen Curro Nelspruit gespeel en die B-spanne het teen Steelcrest High School te staan gekom, vriendskaplik. Die A-spanne behaal besondere tellings: Die o.14A-span wen 85-5, die o.15A’s wen 61-0 en die Hoërskool Ermelo TWK Eerste span wen 55-7.Die B-spanne van EHS ervaar gemengde welslae teen die A-spanne van Steelcrest: Die o.14B wen Steelcrest o.14A met 20-17 en die o.16B’s van EHS verloor teen die o.16A’s van Steelcrest met 21-41. Baie geluk aan elke seun en dogter met die pragtige uitslae. EHS is trots op elke speler.

Elizma Swart

Janco Kleynhans

Christiaan Horn

(vlnr): Jay’Lee Willemse, Carli Huber, Marné de Jagee, Selma-Louise Jv Rensburg en Sulice Geldenhuis









