Hoërskool Duineveld hokkiespelers presteer puik by die Belgotex Sporttoernooi
ADVERTISEMENT
Hoërskool Duineveld het van 31 Maart tot 4 April aan die Belgotex-sporttoernooi deelgeneem, waar hulle teen sterk opposisie te staan gekom het en waardevolle wedstrydervaring opgedoen het. Oor die verloop van die toernooi het die span sewe wedstryde gespeel, agt doele aangeteken en tien doele afgestaan. Twee van die doele wat afgestaan is, was strafdoele tydens 1-teen-1-situasies met die doelwagter.
Die Gemsbokkies se uitslae was soos volg:
- La Rochelle verloor 0-1
- Langenhoven Gim verloor 0-1
- Oakhill wen 1-0
- Milnerton verloor 3-1
- Brackenfell wen 5-2
- Helenic verloor 2-1
- Glenwood House verloor 0-1
’n Hoogtepunt van die toernooi was toe Cara van Niekerk as speler van die wedstryd aangewys is ná haar uitstaande vertoning teen Brackenfell. Altesaam 64 spanne het aan die toernooi deelgeneem, en die Gemsbokkies het die 44ste plek behaal. Ons is besonder trots op hierdie meisies wat Duineveld se vlag en skoolwapen met trots gedra het, en deurentyd uitstekende sportmansgees en ’n sterk wil om te verbeter getoon het.
![]()










