Hoërskool Douglas presteer aan die Netbal Noord-Kaap playoffs
ADVERTISEMENT
Twee van Hoërskool Douglas se spanne het die naweek in Upington aan die provinsiale uitspele deelgeneem. Die o.17-span het vier poelwedstryde gespeel (drie gewen, een verloor) en in die semi-finaal verloor teen Hoërskool Upington.Hulle het onder die top 4 in die Noord-Kaap geëindig.Die o.15-span het twee poelwedstryde gespeel (een gewen, een verloor) en in die kwarteindrondte teen Hoërskool Duineveld verloor. Hulle het onder die top 8 in die Noord-Kaap geëindig.











