Hoërskool DF Malan vereer by SOS Merietetoekennings
ADVERTISEMENT
Mnr. Conradie is verlede week na Pretoria genooi om die SOS Merietetoekennings vir Afrikaanse skole-funksie by te woon. DF behou ons trotse akademiese tradisie deur die volgende toekennings vir die klas van 2021 se prestasies los te slaan:
Uitsonderlike prestasie vir die totale aantal onderskeidings in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen van 2021 vir:
- Afrikaans Huistaal (4de plek met 79 onderskeidings)
- Wiskunde (11de plek met 43 onderskeidings)
- Wiskundige Geletterdheid (17de plek met 32 onderskeidings)
- Rekeningkunde (16de plek met 27 onderskeidings)
DF Malan word ook vir uitsonderlike prestasie vir die totale aantal onderskeidings en aantal onderskeidings per kandidaat in die NSC-eksamen van 2021 vereer. Leerders van DF Malan kry 577 onderskeidings wat ons skool 13de plaas vir alle skole en 9de vir Afrikaanse skole. Ons behaal 2,56 onderskeidings per kandidaat wat ons in die 20ste posisie onder alle skole, en 7de onder Afrikaanse skole plaas. Baie geluk aan ons 2021-matriekgroep!
![]()









