Hoërskool Centurion Gauteng-Noord Tweekamp
ADVERTISEMENT
Die Woeries het uitstekend presteer tydens die Gauteng-Noord Tweekampkampioenskappe. Daar was ‘n totaal van 11 Woerie-atlete wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het en die Woeries het ‘n algehele tweede plek behaal. Hiermee kwalifiseer die Woeries se tweekampspan vir die SA Skole Tweekampkampioenskappe en daar is ook individuele atlete wat vir dié kampioenskappe kwalifiseer. Die volgende atlete verwerf ook kleure vir die Gauteng-Noord Skolespan:
O. 15-seuns
- Heinrich Von Wielligh
O. 17-seuns
- Marnus Laubscher
- Arno Laubscher
- Johannes Bredell
- Benedict Hubble
O. 17-dogters
- Amé van der Merwe
- Lea van der Merwe
- Isabella von Wielligh
O. 19-seuns
- Dirk Laubscher (Kaptein)
- Caden Victor
- Thinus Peens
Ons wens ook die volgende atlete geluk wat vir die SA Tweekampkampioenskappe kwalifiseer:
O. 17-seuns
- Marnus Laubscher
- Arno Laubscher
O. 19-seuns
- Dirk Laubscher











