Hoërskool Bredasdorp Gr 8 sokkie 2022
ADVERTISEMENT
Dinsdagaand, 1 Februarie 2022, is ‘n datum wat die nuwe gr 8 leerders van Hoërskool Bredasdorp beslis altyd sal onthou: hulle eerste hoërskoolsokkie. Die matriekraad het baie moeite gedoen om dit vir die gr 8’s ‘n onvergeetlike aand te maak. Alhoewel hulle meestal met hul besems moes dans, het elkeen darem ook die geleentheid gehad om met sy eie matriek ‘n draaitjie op die dansbaan te maak. Die kreatiwiteit waarmee hierdie nuwelinge vir hulle met behulp van swartsakke deftige uitrustings gemaak het, het beslis die koppe laat draai.
Riley Dowrie, nuwe gr 8-BD, het ook ‘n draai op die dansbaan gemaak saam haar matriek, Theo du Preez
Margaux Swart (gr 12) geniet ‘n dansie saam met Marius Wasserman.
Julia de Wet, nuwe gr 8-BD, glimlag breed terwyl sy met die hoofseun, Janco Fourie by haar eerste hoërskoolsokkie dans
Kreatief getooi in hul swartsakuitrustings is die nuwe gr 8-meisies van links na reg: Tamzin Neale, Kayla O’Ehley, Julia de Wet, Courtney Samery en Jana van Zyl
Die gr 8-manne het ook glad nie teruggestaan by hul eerste hoërskoolsokkie nie en baie moeite gedoen met hul uitrustings.
Vlnr: Conrad Bothma, Conrad Nortjé, Bahle Sinani, CJ Jooste en Reuben Syer










