Hoërskool Bredasdorp bedank hokkieborge
ADVERTISEMENT
Baie dankie aan al ons hokkieborge vir julle waardevolle ondersteuning en betrokkenheid. Julle bydraes help om geleenthede vir ons spelers te skep en dra by tot die sukses van ons hokkieprogram. Ons waardeer julle ondersteuning opreg en is dankbaar dat julle deel van ons hokkiefamilie is.
Dogters
- VIKING – klere (Kit): Johan Janse van Rensburg
- CS CROP SOLUTIONS – Sakke: Johan Janse van Rensburg
- AFRI POINT & GAS – waterbottels: Lyndell Coetzee
Seuns
- CHAS EVERITT (speelhemp) – Carol Ziman
‘n Heerlike gesellige aand is in die klubhuis gehou waartydens die oorhandiging van die onderskeie items
plaasgevind het. Mnr Thys Kriel het met ‘n gepaste boodskap geopen. Me Sanna Prins (afrigter eerstedogtershokkiespan) het vir mnr Johan van Rensburg gevra om die sakke en speeldrag te oorhandig. Daarna het mev Lyndell Coetzee die waterbottels aan die dogters oorhandig.
Me Elza Olivier (afrigter eersteseunspan) het vir Carol Ziman gevra om die seuns se nuwe speelhemde te
oorhandig. Die nuwe hemp, wat meestal tydens weg-wedstryde gebruik sal word, is deur een van ons eie
spelers, Brent Sinani, voorgestel. Hy het die grootste bydrae tot die ontwerp van die hemp bygedra. Volgens
Brent het die vorige Azzuri-hemp as sy inspirasie gedien.
Nogmaals baie dankie vir elke borg, wat in ons hokkiespan belê het. Ons waardeer dit opreg. Ons sal die klere
met trots dra en jul naam hoog hou, op en af van die veld af. Julle betrokkenheid word beslis waardeer.










