Hoër Volkskool leerder presteer in gholf
ADVERTISEMENT
Johndré Ludick het deelgeneem aan die Dimension Data Seuns o.19 Kompetisie. Die kompetisie het plaasgevind in George, in die Wes-Kaap. Hy het tellings behaal van 66 by die George Gholfklub, 74 by Kingswood Gholfklub en weer 70 by George Gholfklub, met ‘n totaal van -6. Dit is ‘n baie goeie telling! Baie geluk, Johndré.










