Hoër Volkskool boogskiet uitslae
ADVERTISEMENT
Die laaste boogskiet vir die jaar tussen Hoër Volkskool teen die ander skole en klubs van Oos-Kaap het op Saterdag 12 Augustus op die velde van Daniël Pienaar in Uitenhage plaasgevind. ‘n Totaal van 82 skuts het teen mekaar meegeding in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span. Daar is in Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit was nogal ‘n nuutjie om van 3D na 2D te verander, maar ook hier het die skuts bewys dat hulle hulle nie sommer so van stryk sou laat bring deur verandering nie.
Medaljes vir die dag as volg:
- 2D Laerskole meisies Layla de Beer (brons)
- Laerskole seuns Eben Lötter (brons)
- AAG dames Carol Cronje (goud en EC Champ)
- BE Laerskole meisies Helen Grobbelaar (brons)
- Laerskole seuns Conrad Kleyn (brons)
- Eben Lötter (goud en EC Champ)
- AAG dames Carol Cronje (goud, beste skut en EC Champ)
Om vir die Oos-Kaap Boogskietspan te kon kwalifiseer en OP kleure te verwerf moes skuts aan minstens vier kompetisies gedurende die jaar, sowel as die Oos-Kaap Kampioenskappe deelgeneem het. Die beste vier tellings wat gedurende die jaar geskiet is, sowel as dié van die OK Kampioenskappe, is gebruik om te bepaal wie opgeneem sou word in die Oos-Kaap span wat gedurende die komende vakansie in Gauteng aan die Nasionale Kompetisie sal deelneem. Die span is as volg:
Oos-Kaap Juniorspan Conrad Kleyn: Eben Lötter,Helen Grobbelaar
Oos-Kaap Senior A-span Freddie van der Mescht-Mikha Enslin, Lehan de Beer,John Read
Oos-Kaap Senior B-span Adriaan Blignaut-Mathys Oberholzer
Oos-Kaap AAG span Carol Cronjé-Riaan Enslin
Skoolklere: Mikha Enslin, Freddie van der Mescht, Attie Blignaut, John Read en Lehan de Beer.
: Hierdie is almal in die OP A-span opgeneem: John Read, Lehan de Beer, Freddie van der Mescht en Mikha Enslin.










