Helpmekaar Kollege Boogskut word gekies as Toernooikampioen
ADVERTISEMENT
Toernooikampioen twee jaar in ‘n ry: Helpmekaar Kollege boogskut Ruben Teunissen (Gr. 12) het die afgelope vakansie aan die AGA African Championships in Namibië deelgeneem, waar hy teen vier ander lande se skuts moes meeding. Hy het die 3D en Bullseye algeheel gewen en is vir die tweede jaar in ‘n ry as die algehele toernooikampioen aangewys.










