Driekuns vir Hoërskool Parel Vallei Drama
ADVERTISEMENT
Driekuns vir Hoërskool Parel Vallei drama. Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes se dramaproduksie, DIE SUSTERSKAP het einde September aan die Silwervaring Kunstefees deelgeneem en weggestap met drie van die top toekennings.
Zané Habig in graad 12 is aangewys as die Beste Aktrise van die fees, Kultuurhoof van Parel Vallei, mnr. Darryl Spijkers het die toekenning vir Beste Regisseur gewen en Doline Havinga (graad 11) het vir die soveelste keer erkenning geniet as Beste Ondersteunende Aktrise. DIE SUSTERSKAP asook Parel Vallei se produksie, mAaNmAaTs is hierdie week deel van die landswye finaal van ATKV-Tienertoneel.

Foto (van links na regs) Zané Habig, Darryl Spijkers en Doline Havinga.










