Die Hoërskool Brandwag se eerstespanne
ADVERTISEMENT
Ons kyk terug na die wintersport-seisoen van 2022 en deel graag Die Hoërskool Brandwag se eerstespanne met trots.
Hokkie
Die Hoërskool Brandwag se eerste hokkieseisoen terug na Covid-19 was besonder suksesvol. Ons het die voorreg gehad om teen ’n groot verskeidenheid skole te speel en het baie goed gevaar waar ook al ons betrokke was. Ons het hierdie seisoen 2 OP-spelers, Taytum-Paige Bosch het die OP o.16B-span gehaal en Karista Erasmus het die OP o.18B-span gehaal.
Karista Erasmus OP O18B
Taytum-PaigKarista Erasmus OP O18Be Bosch OP O16B
Bo van links tot regs: Jani De Vries, Taytum-Paige Bosch,Lia Van Der Merwe, Suzette Hayward, Leigh Daniell, Jené Van Der Merwe, Anje Serfontein, Karista Erasmus, Carmen Bothma, Anke Müller, Dené-Grete Van Jaarsveld.Onder van lings tot regs: Marinus Bronkhorst (hulp) , Lise Siebert (Afrigter) , Kiara Serfontein , Karlin Erasmus.
Netbal
Die onder 15A-netbalspan het die naweek van 18 tot 20 Augustus deelgeneem aan die Kay Motsepe Nasionale toernooi. Die twee beste spanne van elke provinsie het hier deelgeneem in die Batho en Ubuntu kategorieë. Daar was ‘n totaal van 36 skole. Die toernooi het oor twee dae gestrek. Die meisies het op die eerste dag 4 van hulle 6 wedstryde gewen en op dag twee 3 van hulle 4 wedstryde gewen. Dit besorg vir hulle ‘n 11de plek. Hulle is dus die 11de beste o.15-netbalspan in die LAND! Daar is ook nie net netbal gespeel nie. Van die ander hoogtepunte van die naweek was om die Sterkfontein grotte te besoek en om die Springbok 7’s span te ontmoet! Hulle uitslae was as volg:
- BRANDWAG VS PAARL GIRLS(toernooiwenners) 5 – 13 (VERLOOR)
- BRANDWAG VS IZAZI 27 – 13 (WEN)
- BRANDWAG VS RAMOTSHERE 23 – 6 (WEN)
- BRANDWAG VS NELSPRUIT 17 – 16 (WEN)
- BRANDWAG VS VERITAS 29 – 6 (WEN)
- BRANDWAG VS PIETERSBURG 8 – 9 (VERLOOR)
- BRANDWAG VS BETHLEHEM VOORTREKKER 17 – 12 (WEN)
- BRANDWAG VS LUCAS MOT 27 – 10 (WEN)
- BRANDWAG VS FRAMESBY 21 – 10 (WEN)
- BRANDWAG VS RUSTENBURG 11 – 14 (VERLOOR)
- BRANDWAG VS NELSPRUIT 18 – 5 (WEN)











