Paul Roos Gimnasium speel hul laaste tuiswedstryde van die seisoen teen Oakdale
ADVERTISEMENT
Paul Roos Gimnasium se laaste tuiswedstryde vir die seisoen.Op Saterdag, 22 Julie, het Hoër Landbouskool Oakdale besoek afgelê by Paul Roos Gimnasium se Markötter Sportkompleks vir ‘n skoot gesonde kompetisie op die rugbyveld. Die twee skole se rugbyspelers het mekaar die stryd aangesê in ‘n totaal van 19 wedstryde, waarvan Paul Roos Gimnasium slegs een uit die 19 wedstryde verloor het. Paul Roos eindig dus sy reeks tuiswedstryde vir 2023 op ‘n hoë noot en berei hierna voor vir hul groot jaarlikse interskole teen Grey College wat in Augustusmaand in Bloemfontein plaasvind. Paul Roos het in 2022 op eie bodem as oorwinnaars van die PRG/GreyBloem interskole weggestap en beoog om dié wentitel in 2023 te verdedig.
PRG vs Oakdale – 22 Julie 2023
19A 27-15 Oakdale 19A
19B 28-13 Oakdale 19B
19C 22-15 Oakdale 19C
19D 36-7 Oakdale 19D
19E 32-13 Oakdale 19E
19F 51-5 Oakdale 19F
19G 66-0 Oakdale 19G
16A 33-31 Oakdale 16A
16B 10-15 Oakdale 16B
16C 13-0 Oakdale 16C
16D 38-0 Oakdale 16D
15A 35-12 Oakdale 15A
15B 22-12 Oakdale 15B
15C 26-5 Oakdale 15C
15D 54-5 Oakdale 15D
14A 55-0 Oakdale 14A
14B 54-5 Oakdale 14B
14C 78-0 Oakdale 14C
14D 78-0 Oakdale 14D
Foto Krediet: Jan van Zyl














