Curro Mosselbaai leerder skitter as Algehele Monoloog-afdeling wenner
ADVERTISEMENT
Curro Mosselbaai leerder Janika Verwey skitter as Algehele Monoloog-afdeling Wenner! Wat ’n ongelooflike prestasie – Janika het onlangs by die Marshmallow Media Kuns- en Kultuurkompetisie uitgeblink en is gekroon as die Algehele VOO-fase Monoloog Afdeling Wenner! Sy het ook uitstekende punte in verskeie kategorieë behaal:
- Monoloog: Voordrag – A (83%)
- Monoloog: Voordrag – A+++ (96%)
- Ongedramatiseerde Poesie – A (80%)
- Geskrewe Gedig – A+ (88%)
- Geskrewe Monoloog – A+ (85%)
- Beredenerende Toespraak – A+ (86%)
En asof dit nie genoeg is nie, het Janika ook die 2de plek landwyd in die Suid-Afrikaanse Letterkunde Vereniging se Nasionale Digkompetisie behaal met haar gedig, “Blommekind”, met ’n pragtige 92.43%.










