Bethlehem Voortrekker Hoërskool leerders presteer in sport
ADVERTISEMENT
Perde-uithouritte: Anné Nel het die afgelope naweek deelgeneem aan die Dullstroom uithourit wat oor 160km strek in een dag. Sy het die hele rit voltooi en n algehele 2de plek behaal asook ‘n 2de plek in die Junior Kategorie. Dit was haar eerste 160km rit. Gimnastiek: Adam Kotzé het die afgelope naweek aan die Gimnastiek Vrystaatkampioenskappe gaan deelneem. Hy het twee gouemedaljes en twee silwermedaljes gewen asook algeheel eerste geëindig. Hy gaan deelneem aan die Suid- Afrikaanse kampioenskap in September. Ons is baie trots op jou.










