Bethlehem Voortrekker Hoërskool krieketspelers wen Goudveld oortuigend
ADVERTISEMENT
Die 1ste krieketspan van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het op Saterdag 1 Februarie hul kragmeting teen Hoërskool Goudveld oortuigend gewen. Ruan Heunis (94), Joel Coetzee (71) en Paul Naude (51 nie uit nie) het uitgeblink met die kolf. Ruan en Joel het ook ñ indrukwekkende vennootskap van 128 om die 4de paaltjie gedeel. Joel het ñ skitterende veelsydige dag afgerond deur 6 paaltjies vir 17 lopies in te palm om te verseker dat die teiken suksesvol verdedig word.
Voor (v.l.n.r.): Thato Nthebere; Abi Tshonti; Ruan Heunis; DJ Uys Agter (v.l.n.r.): Paul Naudé; Joel Coetzee (kaptein); PJ Strauss; Janno Olivier; Jurie Knobel; JD van Dyk (onderkaptein); Rodney Turner; Vlag Janse van Rensburg.
(v.l.n.r) – Joel Coetzee, Ruan Heunis, Paul Naudé.










