AWSUM gesels met die Toppresteerder van Noordwes
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met Eloise Shelley wat verlede jaar aan Hoërskool Hartebeespoort matrikuleer het, en as die topleerder van die Noordwes provinsie aangewys is.
Baie geluk met die prestasie. Het jy die goeie uitslae verwag of was jy verras? Baie dankie! Ek was heel verras met die prestasie. Ek het geweet ek het hard gewerk, maar ek was maar onseker.
Wat was jou grootste uitdaging in jou matriekjaar? My grootste uitdaging was maar al die oorweldegende gevoelens wat mens tydens jou matriekjaar voel. Dit was partykeer moeilik om my gedagtes positief te hou.
Wie is jou rolmodel en hoekom? Jesus Christus, Hy was beslis die beste voorbeeld vir ons almal. Hy het vir ons gewys hoe om ‘n lewe vol liefde te lewe.
Watter ondersteuning het jy gehad? My uitstekende ouers, my peetma, al my onderwysers en my wonderlike maats. Ek is so dankbaar vir almal wat my altyd ondersteun het.
Watter studiemetode het jy gebruik? ‘n Kombinasie van baie, afhangend van die vak. Ek het wel ‘active recall’ in al my tegnieke probeer inwerk.
Wat was jou gunsteling vak en hoekom? Biologie, dit is net verstommend wat die menslike liggaam als kan doen.
Wie was jou gunsteling onderwyser? O nee, ek het te veel. Elke onderwyser het ‘n verskillende plek in my hart.
Wat gaan jy in 2022 studeer en hoekom? Ek gaan Medies studeer. Ek wil graag my beste doen om te help ‘n verskil maak en ek vind die liggaam vreeslik interessant.
Wat is jou boodskap vir die Klas van 2022 wat ook so goed soos jy wil presteer? Byt vas en hou aan jou beste doen. Harde werk is die enigste manier voorentoe. Jy is nooit die enigste een wat sukkel nie, so as jy hulp nodig het maak seker jy vra daarvoor. Laastens, geniet elke oomblik! Die tyd vlieg.
![]()










