Afrikaanse Hoër Meisieskool leerder verteenwoordig Gauteng by die SA Kampioenskap vir sportklim
ADVERTISEMENT
Amélie Yvonne Meyer (11E) van Afrikaanse Hoër Meisieskool het in Augustus aan die Gautengse Sportklimkompetisie deelgeneem waar sy ’n 2de plek in sowel die Boulder- as Lead-afdelings verower het. Hierna het sy Gauteng verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Kaapstad en ’n indrukwekkende 6de plek in beide afdelings behaal.
Baie geluk, Amélie – ons is trots op jou!










