Laerskool Vredekloof vier waardes
ADVERTISEMENT
Die afgelope kwartaal het Laerskool Vredekloof leerders vereer wat die skool se waardes, “Uithouvermoë” en “Eerlikheid”, elke dag uitgeleef het. Hierdie leerders het nooit moed opgegee nie en neem deurlopend goeie besluite.
Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat erkenning ontvang het. Julle toewyding inspireer ander en dra by tot die positiewe kultuur van Laerskool Vredekloof.
Ons wil ook aan twee leerlinge spesiale erkenning gee. Hailey Abrahams & Luca Champ het ‘n besonderse verskil in ons skoolgemeenskap gemaak deur hulle waardes elke dag uit te leef.













